Januarie 1 Die Wedloop

1ste Januarie – Die Wedloop

Die Wedloop

1ste Januarie

Lei my vanoggend Here Jesus

Die wedloop – die uitdaging

Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is… en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het — want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe — Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles; húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike — laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof…

Filippense 3:14; Johannes 17:24; 2 Timotheus 1:12; Filippense 1:6; 1 Korinthiers 9:24, 25; Hebreers 12:1, 2

Lei my vannaand Here Jesus

Die Wedloop – die uitroep tot God

En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie — Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.

Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat. U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem. — Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Deuteronomium 31:8; Exodus 33:15; Jeremia 10:23; Psalm 27:23,24; Psalm 73:23,24; Romans 8:38,39

Deut 31:8; Ex 33:15; Jer 10:23; Ps 27:23,24; Ps 73:23,24; Rom 8:38,39

Lei my deur u knegte

Die Wedloop – NET EEN DING IS NODIG…

“Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie” Lukas 10:38-42.

Die diepe sielevreugde en vrede waarna jy smag, wat al jou verwagtinge ver sal oortref, kan net Jesus Christus vir jou daar gee waar jy Homself steeds beter en meer intiem leer ken. “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge; maar net één ding is nodig …” (Lukas 10:42). Enige Christen wat soos Marta uitermate besorg en verontrus oor “baie dinge” is, het nog nooit ontdek dat één sekere Persoon alle kommer en onrus doeltreffend kan besweer nie!

Marta se probleem

Sommige, soos Maria, ontdek skynbaar gouer as ’n eie suster, soos Marta, dat net Jesus Christus die een plek aan sy voete vir ons bied waar Hy self die één ding uitwys wat vir Hom belangriker as alle ander dinge is. Dáár het Maria die fontein met lewende, ewigvloeiende en sielsversadigende water ontdek. Terwyl sy tyd geneem en diep daarvan gedrink het, het Jesus sy eie diepe vrede aan haar meegedeel, terwyl haar arme suster nog háár swaar pak sorge self probeer dra en amper daaronder beswyk het!

Marta se probleem

Sommige, soos Maria, ontdek skynbaar gouer as ’n eie suster, soos Marta, dat net Jesus Christus die een plek aan sy voete vir ons bied waar Hy self die één ding uitwys wat vir Hom belangriker as alle ander dinge is.

Dáár het Maria die fontein met lewende, ewigvloeiende en sielsversadigende water ontdek. Terwyl sy tyd geneem en diep daarvan gedrink het, het Jesus sy eie diepe vrede aan haar meegedeel, terwyl haar arme suster nog háár swaar pak sorge self probeer dra en amper daaronder beswyk het!

Marta se oplossing

Eers by die graf van haar broer Lasarus, teen die einde van Jesus se aardse loopbaan, het Marta vir Jesus beter in sy volheid leer ken as “die Opstanding en die Lewe.” Toe het haar houding teenoor Jesus en haar gesindheid teenoor mense drasties verander, al het haar roeping as die dienende Marta nooit verander nie. Toe vir oulaas, kort voor die kruisiging, bedien Marta weer vir Jesus en al sy dissipels, nie eens in haar eie huis nie, maar in Simon s’n. Nou doen sy dit blymoedig, deur liefde gedring en sonder ’n woord van murmurering, want sy het Hóm soveel beter leer ken. Is jy eerlik as jy sê dat Jesus ook vir jou waarlik vry en los gemaak het van “baie dinge” – moontlik goeie, maar nietige dinge wat jou rus versteur, jou vreugde verhinder, jou verhoudinge met ander mense versuur en jou vrugbaarheid in sy diens verminder?

Gaan jy langer toelaat dat die duiwel jou met “baie dinge” opsaal en verontrus, terwyl Jesus ook van jóú net die “een ding” vra – om die plek by sy voete in te neem waar jou liefde en aanbidding sal blom? Hy weet alles van jou en wil jou graag help om dáár die ‘een ding’ te ontdek wat jou diep en ewig gelukkig sal maak!

Pieter Scholtz


Januarie

Similar Posts