‘n Vrou soek ‘n Bybel

Woorde is nie genoeg om te beskryf hoe wonderlik dit is om in die diens van die Here te wees nie. Ek dink baie dat mense spint uit vliegtuie, ski op damme, try 24uur op hulle fietse om aksie in hulle lewens te kry; ‘n dag in die diens van die Here bring soveel aksie dat mens verstom staan.

Ons het bitter vêr geloop om die Bybel af te gaan lewer. Die vrou was baie dankbaar gewees en ons eer die Here dat ons die geleentheid gehad het om die Bybel vir haar te vat. Maar daarna… waarom die vrou my eergister gebel het en dat ek juis vandag daarnatoe gegaan het gaan my verstand te bowe. Ek kan nie te veel skrywe nie maar ons het die geleentheid gehad om die Evangelie te deel met ‘n man wat baie invloedryk in die verlede was. Wonderlik!

Ons het ook ‘n baie goeie gesprek met ‘n trolie stoter gehad. Dit breek mens se hart om te hoor en te sien hoe so ‘n inteligente jongman in sulke kondisies moet lewe. Dit was wonderlik om met hom die Evagelie te kon deel en traktaatjies vir hom te kon gee het.

Ons het ook ‘n baie goeie gesprek gehad met twee manne in die trein op pad terug. Ons kon die Evangelie deeglik verduidelik en dit die Here was waarlik teenwoordig en het met die manne gepraat.

Verder het ons honderde traktaatjies uitgedeel en tien talle kort gesprekke gehad. Dankie vir u gebede! Baie dankie vir u belangstelling! Dankie vir elke boodskap van bemoediging!

Woorde is nie genoeg om te beskryf hoe wonderlik dit is om in die diens van die Here te wees nie. Ek dink baie dat mense spring uit vliegtuie, ski op damme, try 24uur op hulle fietse om aksie in hulle lewens te kry; ‘n dag in die diens van die Here bring soveel aksie dat mens verstom staan.

Similar Posts