Die ergste sondaar is welkom

🙌🏻 Vanoggend lees ek ‘n wonderlike woord in Jeremia 36:3, “Miskien …”. Dit het my soveel hoop gegee. Miskien luister iemand vandag … miskien lees iemand een van my traktaatjies… miskien is daar vrug op hierdie arbeid. Die Here is so goed om ons te bemoedig. Prys Sy Naam!

🌾 Ek het vandag met ‘n baie gevaarlike man gepraat. Mens kon sommer sien dat hy lewenslank in die tronk moet sit. Dit was so wonderlik om hom te vertel van Jesus en dat die Here Jesus self hom kan vergewe. Die arme man was in trane gewees. Hy vertel my dat niemand het al ooit met hom kom praat oor Jesus nie. Dit was kosbaar gewees om net te besef dat Jesus self hierdie man lief het en Sy hand van genade na hom toe uitsteek.

🌾 Die leiding van die Here is altyd wonderbaar. Soos ek die strate deur loop vertrou ek waar ek moet gaan. Ek sit baie traktaatjies in posbusse as daar nie mense is om mee te praat nie. Ek het so geloop en elke tree die Here vertrou vir leiding toe loop ek ‘n jongman raak. Hy en sy jong vroutjie het ‘n besigheid begin maar dit gaan nie so goed nie. Hy het vanoggend tot die Here gebid vir ‘n teken toe loop ek hom op die perfekte tyd raak. Hy en sy vrou was in trane gewee soos ek vir hulle gebid het en hulle kon bemoedig.

🍇 Ek preek Sondag in die area en kon beide hierdie mense uitnooi na die geleentheid. Bid asseblief dat hulle sal kom!

Similar Posts