Desperate soeke

🙌🏻 Die Here was getrou om my vandag te lei. Baie dankie vir u gebede.

🌾 Hy was so maar soos ek lanklaas iemand gesien het. Ek het virr hom ‘n traktaatjiee gegee en wou vir hom bid maar hy wou nie. Ek het gevra waar hy bly want ek wou sy vrou en kind ontmoet. Ek het daarna gegaan en gesien in watter omstandighede hulle bly. 14 mense in ‘n verlate huis. Dis werklik desperaat. Bid asseblief vir wysheid hoe ek hierdie mense kan bereik.

🌾 Ons het ‘n jongman, wat ek Daniel gaan noem, raakgeloop. Hy is ‘n verslaafde met ‘n baie hartseer storie. Hy was n paar maal in trane en ek kan beleef dat hy werklik wil ophou met sy gewoontes. Hy is desperaat en het baie seer. Mens kan die snymerke teen sy arms sien. Ons het hom uitgedaag met die Evangelie. Ek het hom een van my boekies gegee en met hom gepleit om dit te lees en ons dan te kontak sodat ons hom kan gaan besoek. Bid asseblief ernstig vir hom. In die toestand waarin hy is dink ek nie hy gaan meer lank lewe nie. Ek dink hy oorweeg selfmoord baie ernstig.

Similar Posts