Oos Kaap werk

Die Here is goed vir ons. Hier volg gebedsversoeke en twee getuienisse.

🙏🏻 Bid asseblief vir ons straatprediking van more. Ons beplan om 9:00 in Jeffreysbaai te begin en van daar na Humansdorp en Hankey te gaan.
🙏🏻 Na die straatprediking gan ons na die Rehab om met twee manne te praat. Bid asseblief hiervoor.
🙏🏻 Bid vir ons straatprediking Sonsdag in Port Elizabeth
🙏🏻 Bid asseblief vir ons daaglikse straatwerk in Port Elizabeth
🙏🏻 Bid vir ons opening by die Rehab. Die Here is besig om daar ‘n kosbare werk te doen.

🙌🏻 Ons het gister in Sentraal Port Elizabeth straatwerk gaan doen. Adriaan was saam met my gewees. Ons sien twee mense sit. Ons gaan na hulle toe en dis toe ‘n jongman en vrou wat op straat is. Beide gebruik dwelms. EK vra so bietjie uit terwyl Adriaan met ‘n ander man oor sy siel praat. Ek vind toe uit dat die meisie van dieselfde dorp is as Adriaan. Hulle ken toe mekaar en was saam op skool gewees. Ons kon die Evangelie met haar deel. Die arme mens is al betrokke met dwelms van Laerskool af. Van kleins af het haar ma elke twede week ‘n ander man gehad. Haar verhaal het my hart diep getref.

🙌🏻 Daar is ‘n jongman Givan by die Rehab. As ek na sy getuienis luister dan klink dit of hy werklik die Here ontmoet het in die tyd wat ek by die rehab preek. Prys die Here. Bid asseblief vir hom.

Similar Posts