Program 8 – 14 September 2019

🙌🏻 Die Here is goed en ons eer Hom! Die preekgeleentheid het vandag goed gegaan. Dankie vir u gebede. Bid asseblief vir die volgende sake:

🌾 Maandag oggend vroeg – Skool opening Nigel
🌾 Dinsdag – Besoek en straatwerk in Alberton
🌾 Woensdag – Brakpan en Springs straatwerk uitreik
🌾 Donderdag – Middag Bybelstudie in Meadowdale. Middag straatwerk Germiston
🌾 Vrydag – Treinuitreik Wes-Rand.

🍇 Tussendeur bid asseblief vir die twee boekie traktaatjies. Ek gaan seker hierdie week klaar wees. Die voorblad is ontwerp waaroor ek die Here prys. Nou lê die groot saak voor om 20 000 boekies te laat druk. Vertrou asseblief saam met ons vir elke aspek van hierdie projek.

Geseënde week,
Jan Harm, Suné en gesin 🌻

Similar Posts