16 Augustus 2019

🙌🏻🙌🏻🙌🏻 Ons dank die Here dat u by ons staan in gebed. Bid asseblief vir die volgende:

🙏🏻 Die pelgrims gaan vandag die trein neem tot by die middestad en dan van daar Vrededorp toe loop. Ek gaan hulle bietjie later daar ontmoet. Daarna gaan ons rondom die Rosebank Mall traktaatjies uitdeel. Dit is die eerste keer dat ons hier Evangelisasiewerk gaan doen so bid asseblief vir ons!
🙏🏻 My nuwe traktaatjie in Afrikaans en Engels het gekom. As u wil bestel is u welkom. Aangeheg is ‘n foto.
🙏🏻 Bid asseblief vir Saterdag se informele diens by ons huis. Dit gaan 15:00 geskied.
🙏🏻📌Bid asseblief ook vir die September konferensie en daaropvolgende jeugkamp. As u wil bespreek is u welkom. Aangeheg is die uitnodigings.
🙏🏻🙌🏻Die redigering en proeflees van die boekies vorder. Ons eer die Here daarvoor. Ek is baie opgewonde oor die siele wat daardeur bereik gaan word

Similar Posts