Harde grond

Teryl ons in Gauteng gebly het, het ek baie langs die N17 gery om dorpe te gaan besoek. ‘n Sekere tyd van die jaar staan die mielies 🌽🌽🌽 hemelhoog. Dan weer ‘n ander tyd, sien mens net ‘n groen skynsel🌱🌱🌱. Jaar na jaar produseer daardie stukkie aarde genoeg kos om ‘n nasie te voer. Daardie wêreld is wonderlik vrugbaar.

🤔 Dink net mens kon ‘n boer 150 jaar gelede vertel watter opbrengs sy ou landjie langs die N17 eendag gaan hê. Ek dink nie hy sou jou glo nie. Hy het homself dood gewerk aan ‘n klein ou landjie en om hom (waar nou vrugbare lande is) was net klippe, bome en gras.

Dit is hoe ek voel oor vandag se prediking. Die grond was klip hard gewees . Dit het gelyk of die Woord op dowe ore geval het. Maar God … God kan die woestyn in ‘n woud verander.

👉🏻 ‘n Straatprediker het eendag na Spurgeon gegaan en hom vertel dat hy geen vrug op sy arbeid het nie. Spurgeon vra hom toe, “Glo jy dat die Here siele gaan red?” Hy antwoord, “Nee!” Spurgeon sê toe, “Laat dit wees ooreenkomstig jou geloof.”

🙏🏻 Bid asseblief dat die Here ons so ‘n onwrikbare vertroue en geloof in die Evangelie sal gee en dat ons verwag dat siele gered sal word.

🙏🏻 Bid dat die klipharde grond in Presidentstraat in ‘n vrugbare land omskep sal word. Die beplanning is om so elke derde of vierde week daar die Evangelie te gaan verkondig.

🙏🏻 Ek wil volgende Saterdag Jeffreysbaai toe gaan om weer opelugdienste daar te hou. Sondag gaan ons weer iewers in die Baai opelugdienste hou. Bid hiervoor. BId vir leiding

🙏🏻 Bid dat die Here my kragtige Geesvervulde boodskappe sal gee om te verkondig.

🙌🏻🙌🏻🙌🏻 Prys die HERE! Die Woord word gesaai! 😀🙋🏻‍♂️

Similar Posts