Die Here werk deur ‘n traktaatjie

Ek het ‘n kosbare getuienis ontvang van my boekie “The Way to God”. Ek deel dit met u net om te illustreer hoe mens in mens se daaglikse lewe siele vir Jesus kan wen.

‘n Man het heelwat van my boekies geneem. Hy het ‘n vriend wat Testamente vir ‘n lewe maak. Hierdie vriend (ek noem hom John) is baie skaam maar het ‘n begeerte om siele vir Jesus te wen. Die man sê toe vir John dat hy met elke testament wat hy vir iemand voorberei ook vir die persoon ‘n traktaatjie moet gee. Hy moet dan sê, “Hierdie testament sorteer jou dinge op aarde uit maar wat in hierdie boekie geskrywe staan kan jou ewigheid uitsorteer.” (Iets in hierdie lyn.)

Onlangs kry John ‘n epos van ‘n man vir wie hy ‘n testament uitgewerk het. Die man vertel hom toe hoe sy hele lewe verander is deur die boekie. Hy het Jesus ontmoet 🙌🏻🙌🏻🙌🏻. Dit was vir John ‘n groot bemoediging. Dit bemoedig my ook. Mag dit u bemoedig wat vir ons bid en ook bid vir elke traktaatjie wat oor die land versprei word.

🌱 Ek lees onlangs, “En Jesus het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.” (Markus 4:26-28)

Dissipelskap is belangrik maar om by alle waters te saai is net so belangrik. Jy weet nooit watter traktaatjie ‘n lewe kan verander nie. U kom met mense in aanraking elke dag. U bou verhoudings met mense in die wêreld waar u beweeg. U moet ook oorweeg om waar die geleentheid hom toe doen ‘n traktaatjie vir so ‘n persoon te gee. 🙏🏻🙏🏻🙏🏻

Similar Posts