God se leiding

🙂 Ja, so werk die Here. Sondag middag het ons by woonstelle in Sydenham opelugdienste gehad. Na die tyd kom roep ‘n Tannie vir my en my medewerker en vra om vir haar man te bid. Hy is sterwend met kanker. Ons kon met hom gepraat het oor sy saak met die Here en het baie ernstig vir hom gebid. Daardie aand is hy oorlede. Dit was sy laaste kans gewees. Onbekend het die Here se onsigbare Hand ons gelei na daardie huis. Ons hoop is om die Oom eendag by die Here te sien 🙌🏻🙌🏻🙌🏻.

Bid asseblief ernstig saam vir die volgende geleenthede:
👉🏻 Woensdag – Rehab opening
👉🏻 Saterdag – Opelugdiens in Humansdorp
👉🏻 Sondag – Opelugdienste in PE
👉🏻 15 – 18 Junie – Besoekwerk en opelugdienste in die Gamtoosvallei
👉🏻 Saterdag 19 Junie – Opelugdiens in Hankey

Similar Posts