Evangelisasie

Evangelisasie lewe in God se hart

Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Wanneer ‘n mens uitgaan en ‘n siel vertel van die Here Jesus dan vul mens die hart van God met vreugde. Seker een van die grootste redes waarom God Sy geliefde Seun die Here Jesus aarde toe gestuur het was dat verlore siele gered kan word en die ewige lewe kan beerwe. Hoe kosbaar is dit nie.

Evangelisasie

Die vooraand van die Oosrand Studenteveldtog

Beplanning, beplanning en nog beplanning ‘n Mens staan verstom as mens sien hoe 20 mense in ‘n kring sit en beplan wie waar gaan preek, getuig, koortjies lei ensovoorts by skole, ouetehuise en Kerke. Wat ‘n voorreg om so ‘n groep jongmense van die Afrika Evangeliese Bond se Bybelskool Glenvar te sien aan die brand…

Evangelisasie

Armoede van die siel

Wat is armoede Ek was gister in ‘n dorp waar ek die voorreg gehad het om met baie behoeftige mense in hulle huise die Evangelie te deel. Dankie vir u vrugbare gebede waardeur, ek glo, die Here my lei na behoeftige siele. Volgens ‘n berig wat ek onlangs gelees het word Suid-Afrikaners net armer en…

Evangelisasie

Evangelisasie straatwerk uitreik in Primrose

Ons wil graag hierdie jaar so veel as moontlik evangelisasie uitreike deur middel van straatwerk doen. Straatwerk is ‘n wonderlike metode om by mense uit te kom wat mens anderste nooit sal raakloop nie. Ek het gebid en gevoel dat ek , Louis en Daniel ons eerste uitreik in Primrose moet hou. Ons het die kar by die…