Boom

Evangelisasie straatwerk uitreik in Primrose

Ons wil graag hierdie jaar so veel as moontlik evangelisasie uitreike deur middel van straatwerk doen. Straatwerk is ‘n wonderlike metode om by mense uit te kom wat mens anderste nooit sal raakloop nie. Ek het gebid en gevoel dat ek , Louis en Daniel ons eerste uitreik in Primrose moet hou.

Ons het die kar by die Ackerman’s apteek gelos en begin om met mense in die straat te praat. Dit het my so ‘n rukkie gevat om weer die moed bymekaar te skraap om met iemand te praat maar toe die ys eers gebreek was het dit maklik gegaan.

Ek het met twee jong ouens gepraat buite ‘n gym. Die een het baie andagtig geluister terwyl ek hom vertel het hoe belangrik dit is om waarlik ‘n kind van God te word. Aan die einde van die gesprek het ek vir hom ‘n traktaatjie gegee en ek bid dat daar ietwat van vrug sal wees as gevolg van hierdie gesprek.

Ek kon met baie ander ook praat. Twee van hulle was ‘n baie verwaarlose man en vrou. Ai die sonde het hulle al seer gemaak. Tog is dit ‘n voorreg om aan hulle te verduidelik dat daar ‘n antwoord is in die Here Jesus.

Similar Posts