Sielewenning in Meyerton

Dankie vir u gebede! Sjoe vandag was woes gewees. Van die elektriese kabels is gesteel op die Vereniging lyn toe moes ons ‘n bus neem van een stasie na ‘n ander. Die treine het heeltyd gestaan in die middel van nêrens en so het die dag verloop.

Tog kon ek kosbare gesprekke hê. Mens staan verbaas hoe deurmekaar mens se dag moet wees om by siele uit te kom. Bid asb. vir Johan. Hy het al sy goed opgepak en vanaf Bloemfontein na Boksburg toe getrek. Ek kon met hom die Evangelie deel. Bid ook vir Roché. Nog ‘n desperate jongman. Ek kon hom ook uitdaag oor sy saak met die Here. Sonder die chaos sou ek hulle nooit raakgeloop het nie.

Bid ook asb vir Michael wat uit satanisme uit is en besig is om sy lewe te probeer uitsorteer. Bid ook vir Mark. Ai die hartseer wat in hierdie man se lewe is.

Verder kon ek twee of drie maal gepreek het vir groepe mense op die trein. Ek begin met een te praat dan later luister daar tussen 5 en 8. As die trein dan stilstaan dan praat ek hard en die hele trok waarin ek is kan dan hoor.

Prys die Here! Dis wonderlik!

Similar Posts