Soveel vrae en soveel seer
Mens eer die Here vir die wonderlike geleenthede wat mens het om ‘n liggie te wees in ‘n donker wêreld meet soveel vrae en soveel seer. Tog is mens se hart seer as mens die menigte sien wat is soos skape sonder ‘n herder.
Ek en ‘n dierbare Oom het vandag saam uitgereik. Ons het kosbare gesprekke gehad. Ek kon met ‘n man en vrou praat wat soveel seer het. Die man het sy seun verloor, sy werk, sy huis en alles wat hulle het ‘n paar maande gelede. Nou bly hulle op die straat. Hulle het soveel vrae en soveel seer. Dit was wonderlik om hulle na Jesus toe te wys.
Ons kon ook met ‘n straatvrou praat met baie seer. Sy het ons afgejak en wou regtig nie met ons praat nie. Uiteindelik het sy sagter geword en het haar verhaal met ons gedeel. Soveel vrae en soveel seer. Die Oom gaan haaar en haar vriend more na hulle kerk toe neem. Dis wonderlik hoe die Here haar hart kom versag het.
Die vraag wat in my hart rondgaan is die volgende: Sou my Christenskap oorleef as ek deur al hierdie dinge moes gegaan het? Anders gestel, wat neem dit dat my geloof skipbreuk lei? Is dit nie die kleinste nietigste dinge waardeur ons ons getuienisse verloor nie? As ons soveel vrae en soveel seer gehad het, sou ek nog vir Jesus aanbid het?