Karavaan deur

Van karavaan na karavaan met die Evangelie in Boksburg

Weggesteek van mense

Ek het daardie pad al baie keer gery salig onbewus van die groot nood wat agter die bome skuil. Ek het ‘n paar maal ‘n gesin of twee daar gesien en ek het begin wonder wie by hierdie plotte. Vroeër die jaar het ek, Louis en Daniel spesifiek daardie pad gaan ry om te sien hoe ons hierdie mense met die Evangelie kan bedien. Tot ons verbasing kom ons op hierdie klein karavaanpark af waar duisende mense elke dag verby ry onbewus van die nood wat daar is.

‘n Kosbare geleentheid om die Evangelie in Boksburg te verkondig

Ds Berry Fourie van die EG Kerk Boksburg het saam met my gegaan om hierdie mense met die Evangelie te bearbei. Ons het ‘n lang kosbare gesprek gehad met ‘n ou tannie wat gesukkel het met sekerheid. Ek kon my getuienis met haar deel en Berry het haar saggies vertel dat sy nie iets hoef te doen voordat sy reg is om Jesus aan te neem as Verlosser nie. Sy kan niks doen nie. Elkeen van ons moet as hulpelose sondaars na Jesus toe kom wat ons alleen kan skoonwas van ons sondes in Sy kosbare bloed:

Effesiers 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Effesiers 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Liewe leser het u al so na Jesus toe gekom? Daar is geen ander manier waarop u ‘n kind van God kan word nie. Ons  moet alleen kyk na die Jesus wat vir ons sondes gesterwe het en die dood daardeur oorwin het om ons kinders van God te maak.

Johannes 1:36 en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

Similar Posts