Die vooraand van die Oosrand Studenteveldtog

Beplanning, beplanning en nog beplanning

‘n Mens staan verstom as mens sien hoe 20 mense in ‘n kring sit en beplan wie waar gaan preek, getuig, koortjies lei ensovoorts by skole, ouetehuise en Kerke. Wat ‘n voorreg om so ‘n groep jongmense van die Afrika Evangeliese Bond se Bybelskool Glenvar te sien aan die brand om die Evangelie van Jesus Christus te gaan verkondig tydens die Oosrand Studenteveldtog.

Openinge vir die Oosrand Studenteveldtog

Ons gaan 24 skole, 7 ouetehuise en 4 Kerke in Germiston, Boksburg, Brakpan, Nigel en Springs besoek. Van die skole gaan ons meer as een maal besoek en van hulle gaan ons ‘n hele dag lank besoek. Daarbysaam gaan ons ook straatwerk doen, behoeftige plekke besoek en op baie ander maniere by siele uitkom. Dit bring die totale hoeveelheid preek geleenthede by seker naby 60. Duisende mense gaan so bereik word en ons bid tot die Here dat die naam van Jesus Christus verheerlik sal word.

Kolossense 4:3 en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christua…

Mattheus 9:37 Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.

 

Similar Posts