Malawiese man vind die Here

Laas Saterdag het ek traktaatjies uitgedeel in Kempton Park. Ek en my vriend saam met Jan-Harm en sy seun gaan toe in by n huis waar baie mense bly in omstandighede waarin honde nie behoort te bly nie. Ek het van deur tot deur gegaan en n woord hier en daar gespreek en by elke kamer traktaatjies gelos. Die aand kry ek n boodsksp van n Malawiese man. Ek nooi hom na ons Kerk en die Sondag aand bid hy saam met die prediker vir redding. n Eenvoudige traktaatjie bring n desperate man van n ander land aan die voete van Jesus. Bid asb vir Thom.

Bid asb saam. Ek het n idee gekry vir n nuwe formaat traktaatjie. Om dit te doen moet ek n masjien koop wat z voue kan maak. Deur die genade van die Here het ek n baie goeie twede handse een gevind wat ek gaan koop. Bid asb vir die traktaatjie projek. Die Here gee my wonderlike idees waardeur, ek glo, siele bereik gaan word.

Similar Posts