Afrika Evangeliese Bond Louis preek

Die tweede dag van die Studenteveldtog

Skole, ouetehuise en Straatwerk

Vandag het ons die voorreg gehad om met 1500 skoliere die wonderlike Evangelie van Jesus Christus. Ons dank die Here uit ons harte uit hiervoor. By die een skool het daar chaos geheers onder die skoliere. Ek het nie gedink die opening gaan uitwerk nie maar ek het self ervaar hoe die Here in een oomblik stilte gebring het. Dit was kosbaar.

Ons het in Geduld, Springs straatwerk gaan doen. Elke Glenvar student het getuig van die groot seen wat hulle ervaar het. Ek het op ‘n area afgekom waar daar groot behoefte is. Armoede en sonde is die norm. By die een huis het ‘n jong dogter die deur oopgemaak. Sy roep haar Ma toe maar sy vat lank om te kom. Toe sy uuiteindelik by die deur kom was sy bedwelmd. Ek kon met ‘n ander vrou die Evangelie deel en sy het so aandagtig geluister. Ek sal graag daarna wil teruggaan om weer by daardie huise te gaan werk.

Die student getuig

Joreth – Ons was by die eerste huise waar ons straatwerk gedoen het weggejaag. By een huis het ons ingegaan en ons kon ‘n jongman na die Here toe lei. Hy het met trane in sy oë ons bedank dat ons die Waarheid met hom kom deel het.

Rozelle – Ek kon by die ouetehuis saam met ‘n tannie vir redding bid.

Louis – Dit was ‘n seen vir my om ‘n uitdagende uitnodiging by die aftree-oord in Brakpan te maak.

Eben – Vir my was dit geseënd om te kan sien hoe ‘n jongman se gesig kan verander in absolute vreugde na bekering.

Heinrich – Dit het my verbaas dat ‘n man vir my gesê het hy is reguit oppad hel toe en hy gee nie eers om nie.

Elize – I could encourage a few people who had backslidden to come back to God.

Tarita – Straatwerk: Ek het ‘n baie geseënde gesprek met ‘n jong dame gehad. Ek kon sien hoe die Here met haar werk en hhaaar hart oopmaak vir die Evangelie.

Tyrone – Dit was so amazing om te sien hoe drie mense hulle harte vir die Here Jesus gegee het nadat die Here vir my die regte woorde gegee het.

Similar Posts