Vyfde en sesde dag van die studenteveldtog

Skoolopeninge, ‘n ouetehuis en ‘n kleuterskool

Die Here het vir ons kosbare openinge gegee by skole, ‘n kleuterskool en ‘n ouetehuis. By die een Laerskool het die studente Ester opgevoer. Die Here het hulle baie gehelp en dit was baie geseënd. Ons dank die Here dat Hy ons hierdie geleenthede gegee het.

Straatwerk in Brakpan

Ons het straatwerk in Brakpan gaan doen. Elke groep het getuig van groot seen. Van die meisie studente het met mense gebid vir redding. Ek het ook kosbare gesprekke gehad. Een jongman het vir my gesê dat hy net gister tot die Here gebid het hoe hy Hom nodig het. ‘n Ander man het duidelik gesê dat hy verlore is en dat hy hulp nodig het. Ek het by ‘n groep gekom toe begin die jongman te vloek. Nadat ek die traktaatjies vir hulle gegee het sê hy toe jammer. ‘n Ander jonman sê toe vir my dat varke ook moet lewe, verwysend na hulle wat so vloek. Ek sê toe vir hom dat hulle nie varke is nie. God het nie hulle varke geskape nie maar dit is die sonde wat hulle varke gemaak het. Hulle was diep aangraak en die Here het in hulle harte gewerk.

Jeugaand

Ons het ‘n jeugaand gehad wat tot baie groot seen was. Daar was speletjies, sang en ‘n boodskap gewees. Die Here het dit geseën en ons het dit baie geniet.

Dagkonferensie

Die Here het ons so kom seen met die dagkonferensie. Die boodskappe was kosbaar gewees. Mnr Hercu Wentzel het gepraat oor die kind van God se lewe en Mnr Keith Daniel het ernstig gepleit by ons om sielewenners te word. Dit is ons roeping. Hoe kan ons anders as ons glo dat God vir ons gesterwe het aan die Kruis!

Die studente skrywe

Joreth  – Ek kon saam’met ‘n Tannie bid vir redding by die ouetehuis! Dit was so bemoedigend want dit gebeur so min.

Charis – Ek het die straatwerk baie geniet omdat ekk die geleentheid het om die Evangelie te deel.

Rozelle – Met straatwerk vanmiddag kon ek saam met ‘n meisie sommer op die straat bid vir redding.

Louis – Die skool vir spesiale kinders het so ‘n mooi loflied gesing. Dit het trane in my oë gebring.

Tarita – DIe boodskap by die jeug vannaand was vir my besonders kosbaar.

Louise – Dit was vir mybaie spesiaal en kosbaar hoe aandagtig die Laerskool kinders geluister en gekyk het na die toneel wat ons opgevoer het.

Eben – Vir my was die geleenthede by die skole vanoggend baie kosbaar en lekker.

Heinrich – Die straatwerk was vir my baie besonders.

Anel – Die opening by die spesiale skool was vir my baie geseënd gewees. Die Here het my net weereens gewys om alles te mis en net die siele raak te sien.

Maria – Vandag kon ek met twee meisies vir redding bid toe ons straatwerk gedoen het. Dit was spesiaal om te sien hoe desperaat hulle ‘n nuwe hart wou kry.

Similar Posts