Evangelisasie in Nigel

Die Evangelisasie in Nigel het goed gegaan. (Partymaal moet mens net nie te veel dink nie en net doen.) Ek kon met ‘n paar mense gesels en kon baie traktaatjies uitdeel.

Dis waarlik wonderlik om die Evangelie te kan uitdra. In 10 minute kon ek met baie vrymoedigheid met 700 leerlinge vanoggend praat. Selfs die hoof het getuig dat ek die spyker op die kop geslaan het.

Die Here het my oook gelei na ‘n gesin in Springs wat ek besoek het. Dit was wonderlik om ook aan hulle die Evangelie te kon verduidelik.

Similar Posts